09/08/2026
This one is for the women. 🖤
I've been thinking about what I wanted to say for Women's Day.
Not something about strong women always keeping their crowns straight.
Because, good grief, some days we don't even know where the bloody crown is.
We are mothers. Grandmothers. Daughters. Sisters. Friends. Wives. Partners. Colleagues. Business owners. Dreamers. Planners. Problem solvers.
We make dinner while worrying about tomorrow.
We answer messages while sometimes wishing someone would simply ask if we are okay.
We hold families, homes, businesses, friendships — and occasionally the entire damn world — together with string, love and a little bit of hope.
And then we get up the next morning and try again.
But here's something I think we forget far too easily:
You don't have to be strong every day.
You don't have to have everything figured out.
You don't have to be productive all the time.
You don't have to be everything to everyone.
And you certainly don't need permission to dream a new dream just because the last one didn't work out the way you hoped.
You are allowed to be tired.
You are allowed to change your mind.
You are allowed to start again.
You are allowed to do something simply because it makes you happy.
And whether you're 30, 40, 50, 60 or 70 — you are absolutely allowed to pick up the crayons and colour your life in all over again.
You should be incredibly proud of the woman you've become.
Not because she did everything perfectly.
But because she's still here.
Still loving.
Still laughing.
Still making plans.
Still hoping.
Still dreaming.
And somehow, amongst all the chaos, she is still trying to make something beautiful.
So today, this is simply for you.
I've made something you can print at home on ordinary paper.
Cut it up and glue it onto something old.
Use the whole picture.
Put it in a frame.
Make that forgotten little box beautiful.
Or simply save it for a day when you need to read the words again.
There is nothing you need to do in return.
I just wanted you to know:
I see you.
I see how hard you try.
I see how much you carry.
I see the things you quietly do that nobody applauds.
I see the times you've fallen and got back up.
I see every time you've had to start again.
And I see the woman you are still becoming.
You matter.
And just in case nobody has told you lately:
You are one hell of an amazing human being. 🖤
Happy Women's Day.
Hierdie een is vir die vroue. 🖤
Ek het lank ged**k oor wat ek vir Vrouedag wil sê.
Nie iets oor sterk vroue wat altyd hulle kroon moet regop hou nie.
Want liewe hemel, party dae weet ons nie eers waar die kroon is nie.
Ons is ma's. Oumas. Dogters. Susters. Vriendinne. Vrouens. Kollegas. Besigheidseienaars. Dromers. Planmakers. Probleemoplossers.
Ons maak kos terwyl ons oor môre bekommer.
Ons antwoord boodskappe terwyl ons eintlik self iemand nodig het om te vra of óns okay is.
Ons hou families, huise, besighede, vriendskappe en soms die hele verdomde wêreld met tou, liefde en 'n bietjie hoop aanmekaar.
En dan staan ons die volgende oggend op en probeer weer.
Maar hier is iets wat ek d**k ons te maklik vergeet:
Jy hoef nie elke dag sterk te wees nie.
Jy hoef nie alles uitgesorteer te hê nie.
Jy hoef nie altyd produktief te wees nie.
Jy hoef nie vir almal alles te wees nie.
En jy hoef beslis nie toestemming te vra om 'n nuwe droom te droom omdat die vorige een nie uitgewerk het soos jy gehoop het nie.
Jy mag moeg wees.
Jy mag van plan verander.
Jy mag weer begin.
Jy mag iets doen bloot omdat dit jou gelukkig maak.
En of jy nou 30, 40, 50, 60 of 70 is — jy mag die kryte weer optel en jou lewe van voor af inkleur.
Jy mag ongelooflik trots wees op die vrou wat jy geword het.
Nie omdat sy alles perfek gedoen het nie.
Maar omdat sy nog hier is.
Nog liefhet.
Nog lag.
Nog planne maak.
Nog hoop.
Nog droom.
En op een of ander manier, tussen al die chaos deur, probeer sy steeds iets mooi maak.
So vandag is hierdie net vir jou.
Ek het iets gemaak wat jy sommer by die huis op gewone papier kan druk.
Knip dit uit en plak dit op iets ouds.
Gebruik die hele prent.
Sit dit in 'n raam.
Maak daardie ou kassie mooi.
Of bêre dit eenvoudig vir 'n dag wanneer jy weer die woorde moet lees.
Daar is niks wat jy in ruil daarvoor hoef te doen nie.
Ek wou net hê jy moet weet:
Ek sien jou.
Ek sien hoe hard jy probeer.
Ek sien hoeveel jy dra.
Ek sien die dinge wat jy stilweg doen waarvoor niemand hande klap nie.
Ek sien die kere wat jy geval het en weer opgestaan het.
Ek sien elke keer wat jy van voor af moes begin.
En ek sien die vrou wat jy steeds besig is om te word.
Jy maak saak.
En net ingeval niemand dit onlangs vir jou gesê het nie:
Jy is 'n ongelooflike mens. 🖤
Gelukkige Vrouedag.