Valhalla. Leef Legendaries.

Valhalla. Leef Legendaries. T-hemde wat fokus op Suid-Afrikaanse legendes & geskiedenis. Geïnspireer deur 1652. Leef legendaries!

T-hemde wat fokus om Suid-Afrikaanse geskiedenis & kultuur op 'n suave, verfrissende manier uit te beeld, sonder om prekerig of polities te wees.

23 Julie 1853 – Die Voortrekkerleier Andries Pretorius sterf. Sy seun, Marthinus Wessel Pretorius, volg hom op as Komman...
23/07/2026

23 Julie 1853 – Die Voortrekkerleier Andries Pretorius sterf. Sy seun, Marthinus Wessel Pretorius, volg hom op as Kommandant-generaal van die distrikte Potchefstroom en Rustenburg.

"Staatsman in die skadu's"

Marthinus Wessel Pretorius word dikwels oorskadu deur die nalatenskap van sy vader, Andries Pretorius – of "Ngalonkulu", soos die Zoeloes hom genoem het – die bekende Voortrekkerleier wat ná Piet Retief se dood die leiding van die Voortrekkers in Natal oorgeneem het.

Ná die Britse anneksasie van die Republiek van Natalia vestig M.W. Pretorius hom in Potchefstroom. Met sy vader se afsterwe in 1853 volg hy hom op as Kommandant-generaal van die distrikte Potchefstroom en Rustenburg.

Die grootste uitdaging wat op sy skouers gerus het, was om eenheid onder die Voortrekkers te smee. Hy het besef dat dit slegs moontlik sou wees indien 'n nuwe republiek met eie instellings en simbole geskep word.

Ná die Sandrivierkonvensie is die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) gevestig, met Potchefstroom as administratiewe hoofstad. Pretorius het ook 'n belangrike rol gespeel in die opstel van die grondwet van die nuwe republiek.

Hoewel Potchefstroom die administratiewe hoofstad was, het hy besef dat geen bestaande distrik maklik sou aanvaar dat 'n ander dorp as permanente hoofstad dien nie. Daarom het hy in 1855 'n nuwe dorp aan die Apiesrivier laat uitlê en dit Pretoria Philadelphia ("Die Broederskap van Pretoria") genoem, ter ere van sy vader, Andries Pretorius.

Op 38-jarige ouderdom, in 1857, is hy as die eerste president van die ZAR verkies. Sy groot ideaal was om die twee Boererepublieke – die ZAR en die Oranje-Vrystaat – tot een staat te verenig.

In 1859 is hy ook tot president van die Oranje-Vrystaat verkies en het hy vir 'n tyd lank gelyktydig as president van beide republieke gedien. Hy het egter in 1863 as president van die Oranje-Vrystaat bedank.

In 1864 is hy weer as president van die ZAR verkies. Ná die Eerste Anglo-Boereoorlog het hy deel gevorm van die Driemanskap (Triumviraat) saam met Paul Kruger en Piet Joubert, wat die bestuur van die republiek behartig het. As oudste lid van die Driemanskap (61), en met jare se ervaring in staatsake, het hy leiding gegee aan die jonger Paul Kruger (55) en Piet Joubert (46).

In 1883 is Paul Kruger tot president van die ZAR verkies – 'n amp wat hy tot sy vertrek na Europa in 1900 beklee het.

Daarna het M.W. Pretorius hom geleidelik aan die openbare lewe onttrek en hom weer op Potchefstroom gevestig, waar hy in 1901, tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog, op 81-jarige ouderdom oorlede is.

Hoewel hy diep spore in die vroeë geskiedenis van die Boererepublieke getrap het, is dit opvallend hoe min mense vandag van Marthinus Wessel Pretorius weet. Hy was 'n staatsman in 'n tyd toe sterk leierskap onontbeerlik was, maar sy nalatenskap is dikwels oorskadu deur dié van sy vader, Andries Pretorius, en later ook deur Paul Kruger.

Vandag staan die standbeelde van Andries Pretorius en Marthinus Wessel Pretorius oorkant die Pretoria-stadsaal op Pretoriusplein – 'n gepaste huldeblyk aan 'n vader en seun wat albei 'n bepalende rol in die geskiedenis van die Boererepublieke gespeel het.

22 Julie 1848 – Majoor Harry Smith verklaar Andries Pretorius tot 'n "rebel".Andries Pretorius – of "Ngalonkulu" ("Fris ...
22/07/2026

22 Julie 1848 – Majoor Harry Smith verklaar Andries Pretorius tot 'n "rebel".

Andries Pretorius – of "Ngalonkulu" ("Fris Voorarms"), soos die Zoeloes hom genoem het – en Harry Smith het reeds sedert 1842 koppe gestamp. Dit was nadat Brittanje geweier het om die Republiek van Natalia te erken en gepoog het om die gebied te annekseer.

Smith was destyds nog 'n kaptein, maar is ná die Slag van Durban tot majoor bevorder, ten spyte van die omstrede wyse waarop hy die konflik met Pretorius hanteer het.

In Julie 1848 het Smith vir Pretorius as 'n "rebel" verklaar en 'n beloning van £1 000 vir sy gevangenneming aangebied.

Pretorius het egter nie op hom laat wag nie. Aan die begin van Augustus 1848 het hy op sy b***t 'n beloning van £3 000 vir Harry Smith se inhegtenisneming uitgeloof. Hy het homself boonop spottenderwys as "Koning Andreas I, koning van die Immigrante van die Noordelike Gebiede van Suidelike Afrika" verklaar – 'n duidelike teken van sy minagting vir Smith en die Britse gesag.

20 Julie 1901 – Gezina Susanna Frederika Wilhelmina Krüger (gebore Du Plessis), eggenote van president Paul Kruger, ster...
20/07/2026

20 Julie 1901 – Gezina Susanna Frederika Wilhelmina Krüger (gebore Du Plessis), eggenote van president Paul Kruger, sterf.

Tydgenote het haar beskryf as 'n sagte, beskeie en vriendelike vrou wat altyd bereid was om haarself op te offer. Sy word dikwels voorgehou as 'n voorbeeld van die Afrikanervrou van die 19de eeu – gevorm deur die pionierslewe, pligsgetrou, bekwaam, selfstandig en nie bang vir harde werk nie.

As eggenote van president Paul Kruger het sy hom deur moeilike tye ondersteun en 'n belangrike rol in sy persoonlike lewe gespeel, selfs al het sy meestal buite die openbare oog gebly.

Tipies die soort Afrikaner-tannie na wie ek eerder sou luister – ek vermoed sy het min nonsens geduld!

15 Julie 1932 – C.J. Langenhoven sterf op 58-jarige ouderdom op Oudtshoorn."Die Volksdigter"Cornelis Jacobus Langenhoven...
15/07/2026

15 Julie 1932 – C.J. Langenhoven sterf op 58-jarige ouderdom op Oudtshoorn.

"Die Volksdigter"

Cornelis Jacobus Langenhoven, ook bekend as "Sagmoedige Neelsie", was 'n digter, prokureur, stigterslid van die dagblad Die Burger en senator. Hy word vandag steeds beskou as een van die grootste figure in die Afrikaanse letterkunde.

Sy bydrae tot die erkenning van Afrikaans as amptelike taal was van onskatbare waarde. Hy het hom onvermoeid beywer vir die bevordering van Afrikaans en het daarin geslaag om Afrikaans, in plaas van Hollands, as tweede taal in Kaapse skole aanvaar te kry.

Langenhoven se werk strek oor 'n verskeidenheid genres – van teer gedigte tot spookstories – en sy skryfstyl is gekenmerk deur meesterlike humor, spitsvondigheid en 'n besonderse vermoë om met lesers te kommunikeer. Hy het selfs 'n gedig vir sy hond geskryf.

In 1912 verhuis hy na Oudtshoorn, waar hy sy huis Arbeidsgenot noem. Sedertdien is sy naam onlosmaaklik met dié dorp verbind. Hy het ook 'n denkbeeldige olifant, Herrie, geskep, wie se naam hy op 'n rots naby Meiringspoort uitgekap het. Die rots staan vandag nog bekend as Herrie se Klip.

In 1931 ontvang Langenhoven 'n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch. Tydens die geleentheid het die spreker onder meer gesê:

"…want senator Langenhoven skryf nie – hy praat, ook wanneer hy die pen hanteer. Daarom kan daar met reg van hom gesê word dat hy sy volk leer lees het."

14 Julie 1904 – President Paul Kruger sterf in Clarens, Switserland.Die besluit van die Boere se opperbevelvoerders om O...
14/07/2026

14 Julie 1904 – President Paul Kruger sterf in Clarens, Switserland.

Die besluit van die Boere se opperbevelvoerders om Oom Paul in September 1900 na Europa te stuur, is geneem weens sy verswakkende gesondheid en die vrees dat hy deur die Britte gevange geneem sou word. Só 'n gevangenskap sou vir die Britse magte van onskatbare propagandawaarde gewees het.

Oom Paul was 75 jaar oud toe die Tweede Vryheidsoorlog uitgebreek het. Hy het die hoofstad van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Pretoria) slegs drie dae verlaat voordat Lord Roberts dit beset het.

Koningin Wilhelmina van Nederland het die oorlogskip Gelderland na Lourenço Marques gestuur om Oom Paul na Europa te neem. Met sy aankoms in Marseille, Frankryk, is hy deur 'n skare van sowat 60 000 mense toegejuig.

Keiser Wilhelm II van Duitsland – dieselfde keiser wat in 1896 die bekende Kruger-telegram gestuur het om hom geluk te wens met die afwering van die Jameson-inval – het egter geweier om Oom Paul in Berlyn te ontvang.

"Die Keiser het ons verraai," was Oom Paul se woorde aan sy sekretaris.

Interessant genoeg was Keiser Wilhelm II die kleinseun van Koningin Victoria van Brittanje. Die Kruger-telegram van 1896 het die betrekkinge tussen Brittanje en Duitsland ernstig versuur – iets waaroor "Ouma" Victoria beslis nie beïndruk was nie.

Toe die nuus van die Vrede van Vereeniging hom in 1902 bereik, het Oom Paul bedroef gesê:
"My smart is onbeskryflik."

Twee weke voor sy dood het hy sy laaste boodskap aan genl. Louis Botha gedikteer. Hierdie bekende "Laaste Boodskap" bevat onder meer die volgende woorde:

"…Want wie hom 'n toekoms wil skep, mag die verlede nie uit die oog verloor nie. Daarom: Soek in die verlede al die goeie en skone wat daarin te ontdek is, vorm daarna u ideaal en trag om vir die toekoms daardie ideaal te verwesenlik…"

Die ontwerp van "Die Laaste Boodskap" is deur hierdie laaste woorde geïnspireer.

Gelukkige Vadersdag aan al die vaders!
21/06/2026

Gelukkige Vadersdag aan al die vaders!

🎉 VADERSDAG AFSLAG! 🎉Of hy nou 'n geskiedenisliefhebber, rugbyman of 'n ware Suid-Afrikaanse legende is, ons het die per...
17/06/2026

🎉 VADERSDAG AFSLAG! 🎉

Of hy nou 'n geskiedenisliefhebber, rugbyman of 'n ware Suid-Afrikaanse legende is, ons het die perfekte h**p vir hom.

📅 Aanbod geldig: 17 – 21 Junie
🛒 Koop nou en verras Pappa met iets uniek hierdie Vadersdag.
📦 Landswye aflewering beskikbaar.

Moenie wag nie – hierdie spesiale afslag is net vir 'n beperkte tyd! 🇿🇦

Gelukkig Jeugdag!Wie is jou gusteling jeugdige held?
16/06/2026

Gelukkig Jeugdag!
Wie is jou gusteling jeugdige held?

31-05-1902 🇿🇦“TOT DIE BITTERE EINDE.”Op hierdie dag in 1902 is die Treaty of Vereeniging onderteken, waarmee die Tweede ...
31/05/2026

31-05-1902 🇿🇦

“TOT DIE BITTERE EINDE.”

Op hierdie dag in 1902 is die Treaty of Vereeniging onderteken, waarmee die Tweede Anglo-Boereoorlog ná bykans drie jaar tot ’n einde gekom het.

Die vredesonderhandelinge het in Vereeniging plaasgevind, terwyl die finale verdrag in Melrose House in Pretoria onderteken is — destyds die hoofkwartier van die Britse magte.

Met die ondertekening het die Boererepublieke hul onafhanklikheid verloor en deel van die Britse Ryk geword.

Onder die Boere-afgevaardigdes was figure soos:

• Schalk Willem Burger
• Francis William Reitz
• Louis Botha
• Koos de la Rey
• J. B. M. Hertzog
• Christiaan de Wet

Die Britse Ryk is verteenwoordig deur Herbert Kitchener en Alfred Milner.

Die oorlog het Brittanje astronomiese bedrae gekos, maar die werklike prys van oorlog word nooit net in geld gemeet nie — dit lê in die verlies van lewens, families, plase en toekomsdrome aan beide kante van die konflik.

Tydens die onderhandelinge het Jan Smuts die volgende woorde gespreek:

“Broers, ons het besluit om tot die bittere einde te staan; laat ons soos manne erken dat daardie einde vir ons gekom het…”

En verder:

“Die vryheidsoorlog vir Suid-Afrika is gestry, nie alleen vir die Boere nie, maar vir die ganse volk van Suid-Afrika.”

31 Mei sou later nóg twee groot datums in Suid-Afrikaanse geskiedenis oplewer:

🇿🇦 31 Mei 1910 — die stigting van die Unie van Suid-Afrika.
🇿🇦 31 Mei 1961 — die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika.

’n Datum diep verweef met oorlog, verlies, politiek en die vorming van ’n land se geskiedenis.

29-05-1500 🌊⚓“…HIERVANDAAN NA MOSSELBAAI.”Op hierdie dag in 1500 verdrink die Portugese seevaarder Bartolomeu Dias tyden...
29/05/2026

29-05-1500 🌊⚓

“…HIERVANDAAN NA MOSSELBAAI.”

Op hierdie dag in 1500 verdrink die Portugese seevaarder Bartolomeu Dias tydens ’n geweldige storm naby die Kaap van Goeie Hoop.

Dias was die eerste Europeër wat suksesvol om die suidpunt van Afrika gevaar het op soek na ’n seeroete na Indië en die Ooste. In Februarie 1488 het hy voet aan wal gesit by wat hy Bahia de São Bras genoem het — die plek wat later bekend sou word as Mossel Bay.

Sy reis het tot by die Groot-Visrivier gestrek voordat sy bemanning geweier het om verder te vaar. Volgens oorlewering het Dias die Kaap oorspronklik “Cabo das Tormentas” — Kaap van Storms — genoem, alhoewel daar ook sterk aanduidings is dat hy self later die naam “Cabo da Boa Esperança” oftewel Kaap van Goeie Hoop gebruik het.

’n Dekade later sou Vasco da Gama die roete na Indië suksesvol voltooi — met Dias as een van sy adviseurs.

In 1500 sluit Dias aan by die groot ekspedisie van Pedro Álvares Cabral na Indië. Nadat hulle eers aan die kus van die huidige Brasilië aangedoen het, het die vloot weer ooswaarts gevaar.

Toe tref die storms van die Kaap.

Vier van die 13 skepe sink in die woeste waters — waaronder die skip van Bartolomeu Dias. Hy sterf op 49-jarige ouderdom in die see wat hom wêreldbekend gemaak het.

In 1988, presies 500 jaar nadat Dias by Mosselbaai geland het, het ’n replika van sy skip dieselfde roete vanaf Portugal gevaar en simbolies weer die hawe van Mossel Bay binnegevaar.

Die verhaal van Bartolomeu Dias bly een van moed, ontdekking en die ongenaakbare krag van die oseaan. 🌊

Address

Cape Town

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Valhalla. Leef Legendaries. posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Valhalla. Leef Legendaries.:

Shortcuts

Share

Category