14/05/2024
Baie dankie vir almal se ondersteuning sover! Dit maak ons harte só warm om elke foto te kry van elke kleinding met hulle Kokkewiet & Kie bykomstighede 🎀👛🩷
Ons was lekker stil die laaste ruk, ons werk aan GROOT dinge!! 😁
Ons is baie opgewonde dat Kokkewiet en Kie binnekort gaan begin uitbrei en meer huishoudelike produkte verskaf tesame met die babaprodukte wat steeds beskikbaar sal wees. 🤩
Die nuutste reeks bibs, stelletjies en babatee bokse gaan ook binnekort vrygestel word op ons splinternuwe webtuiste!!
Ons kan nie wag om julle te wys nie! Kyk uit! Hier kom GROOT dinge!!
Liefdegroete
Amické 🐣