08/08/2026
Oeh hierdie troue was vir my besonders mooi gewees! Dis die laaste een wat ek en Megan Theron saam kon doen en die bruidjie was so so sag en spesiale mens dat ek regtig net graag bietjie meer moeite wou doen.
Die groot blomme en anthiriums is iets wat ek 2h die oggend lê en oor d**k het en planne beraam het... ek wou dit inbring by die arch en bruidstafel vir 'n bietjie dramatiese effek en toe werk dit baie goed uit! Mens weet nooit regtig vooraf of jou idee sal werk nie, totdat dit als bymekaar kom nie.
Ek glo aan kwaliteit produkte en diens en ek sal bly regte fotos post wat nie deur AI verander is nie. Dan is elke klient virseker van wat hulle kry vir hul groot dag🙏🏻
Dankie Bona Bona Game Lodge vir jul gasvryheid, behulpsame personeel en ongelooflike perseel. Dis altyd lekker om daar te werk
Dankie MultiStyl Decor Hire Klerksdorp vir julle kwaliteit dekor en diens. Dié was regte een vir die boeke 👌🏻