31/12/2025
Baie dankie aan almal wat ons hierdie jaar ondersteun het. Ons waardeer julle baie!!!!
2025 was vir ons ‘n jaar vol “challenges en obstacles”, maar in refleksie kan ons orals ons Vader se hand sien. Sy genade en liefde het ons gedra en gehelp om vars en nuwe perspektief oor algehele lewenstyl, tweede kanse, en “mindset” te kry.
As jy in ‘n “uitdagende seisoen” is en jy ken Jesus, wil ons jou herinner: jy is nie alleen nie. Jy is nie genoeg nie MAAR HY is GENOEG en Hy sal jou nie los nie. Al lyk die uitkoms nie soos jy gehoop of vertrou het nie, is Hy besig met SY plan. Plaas jou hand in Syne en VERTROU Hom - Hy laat alles ten goede meewerk volgens SY plan en tot SY eer.
Mag jy saam met ons vir 2026 bid - HERE, LAAT U WIL GESKIED.
Liefde
Drean en Talita