12/04/2026
https://www.facebook.com/share/p/18fxUrH9Bx/
Byna alle vaardighede wat 'n Gr R-kind moet bemeester kan speel-speel aangeleer word. Of dit nou buite-speel, rolspel, bordspeletjies, slangetjie-en-leertjies of kaarte behels.
Waarom is speel dan so belangrik?
Hier is 'n paar redes om na te kyk en hopelik sal dit genoeg motivering wees om die kinders bietjie voor die skerms weg te kry en seker te maak dat hulle klim, swaai, hang, swem, b***e rondskop of gooi, touspring en sommer nog 'n hele paar ander aktiwiteite aanpak.
Deur speel kan 'n kind leer en homself ook uitdruk. Speel ontwikkel jou kind se waagmoed en sy sosiale vaardighede. Speel ontwikkel kreatiwiteit en emosionele vaardighede. Speel help jou kind om van oortollige energie ontslae te raak en om beheer oor sy eie liggaam te leer, soos bv wanneer hy hang, klim of balanseer. Speel bou selfvertroue, bevorder konsentrasie en lê 'n sterk fondasie vir leer.
Die kinders se programme is so vol, maar maak tyd deur die middag om jou kind kans te gee om bietjie te speel.