Milana Store

Milana Store Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Milana Store, Clothing (Brand), 555 Market Street #14148, Oudtshoorn.

💢 Always monitor your physical condition!
💕Blood pressure, blood sugar, heart rate, real-time monitoring✅your own personal physician.
🎗️Elevate your style with our fashionable Bluetooth smartwatch. Terapeutiese groep wat persone help om afstand te doen van alkohol-en dwelmmisbruik,gee ondersteuning aan die geaffekteerde familie,asook geestelike bediening aan beide partye.

21/02/2025

💢 Always monitor your physical condition!
💕Blood pressure, blood sugar, heart rate, real-time monitoring✅your own personal physician.
🎗️Elevate your style with our fashionable Bluetooth smartwatch.
🛒Buy it now & save 80% off 👉️ https://bigsale247.sale/smartwatch

17/10/2024
10/10/2024

Ons vind mekaar in Christus!

Na aanleiding van verlede week se storie oor Sipisandi vertel Charl van Rensburg van Laaiplek vir ons nog ’n storie oor hoe Jesus Christus skeidslyne kruis. Charl is die voorsitter van Badisa se bestuursraad. Ds. Msa Ntshongwana van die Xhosa-gemeente in Vredenburg is onlangs tot die raad verkies.

Taal het egter ’n uitdaging geword, aangesien ds. Msa die enigste Engels-sprekende op die raad is. Om hom te akkommodeer, word die vergaderings nou in Engels aangebied. Die twee dominees pak soggens die pad van die Weskus aan na die kantore in Bellville en gesels en werk dan heeldag in Engels saam.

Een aand noem Afrikaanssprekende Charl dat die heeldag se Engelspratery hom moeg maak. Toe antwoord ds. Msa: “Charl, you’re doing well. When I get out of the car in the evening, I am also tired. I am Xhosa and I have to think and do everything in English all the time. This is how the Lord works. He brings you from Afrikaans to the English language and then he brings me from Xhosa to the English language and we as brothers in Christ meet each other in the English, where we are both uncomfortable and we need to think about what we say to each other.”

En daar het Charl van Rensburg se hele teologie oor taal en Godsdiens verander. “En ek het besef ek kan maar werk aan my Engels, want hy werk ook aan sy Engels. Dis vir my makliker in Engels as in Xhosa en dis seker vir hom ook makliker in Engels as Afrikaans.

Dit het my oë laat oopgaan en toe hulle by die ringsitting vir hom ’n tolk wou gee, toe sê ek: ‘Nee, die Here ontmoet ons vandag in Engels, want dis waar ons mekaar vind.’ Dit gaan nie oor jou taal of my taal nie, maar oor waar Christus ons mekaar laat vind.”

Hieraan het ek my tot nog onlangs skuldig gemaak.Ek kom by `n openbare byeenkoms by `n skool en daar sit `n groepie mens...
04/10/2024

Hieraan het ek my tot nog onlangs skuldig gemaak.

Ek kom by `n openbare byeenkoms by `n skool en daar sit `n groepie mense wat ek beleefd groet, maar ek voel op daardie oomblik om die pastoor te groet met `n handdruk en die ander net met `n "kop knik". Ek stap toe weg van die groep en kyk met `n baie skuldige gewete terug en sien `n jare lange vriend van my ook daar en draai om en gaan gee hom `n druk...lang storie kort, wanneer dit gaan oor beleefdheid en vriendelikheid moet daar nie mense/persone met titels uitgesonder word nie...

Mag elkeen wat hier lees die seën van God ervaar, Sy genade en liefde ontvang en so ook oordra aan die met wie jy inaanraking kom.

Lekker naweek volk van God.

29/09/2024
'“Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal 'n mens dit weer sout maak? “Julle moet werklik sout wees ...
26/09/2024

'“Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal 'n mens dit weer sout maak? “Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.”'

MARKUS 9:50
https://www.bible.com/af/bible/6/MRK.9.50

U roep ons om “sout” te wees, om as deel van die tafel wat U dek geur aan u wêreld te gee. Ons wil nie geurlose getuies van u liefde wees nie. Gee dat ons nie ons “soutigheid” sal verloor nie, maar dat ons met moed en vreugde vir ander ’n smakie van u koninkryk sal bied.
Help ons om mense te wees wat die weg na U vir ander oopmaak eerder as om blokkades en “slaggate” te skep wat mense laat struikel. Help ons om mense te wees wat gewillig saam met ander werk en nie eis dat ons manier die enigste manier is nie, maar ons verheug in ons diversiteit en verskeidenheid bydraes.
Amen.

“Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal 'n mens dit weer sout maak? “Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.”

19/09/2024

Wanneer God daardie getrekte strepie die dag uitvee…

Hieroor was Jona baie ontevrede en hy het baie kwaad geword.
~Jona 4-1
Ek preek so `n rukkie terug vanuit Jona, God se genade is vir ons almal...nee daar is nie `n blou druk op ons lewens geplaas nie...God vergewe ook moordenaars, diewe, onderdrukkers ens.

Dan lees ek vanoggend uit een van Stephen Joubert se dagstukkies:
Kan jy dit glo? As God sy planne wysig en besluit om Ninive nie te verwoes nie, raak Jona bitterlik kwaad, hy ontplof amper van woede. Jona wou vuur sien – letterlik. Vir wat gaan staan en bewys God genade aan `n klomp nie-gelowiges? Hy durf dit nie doen nie of verander nie, Hy moet voorspelbaar wees. Hierdie tipe God wou Jona in aksie sien, Een wat straf as sy profeet se Hy gaan straf, Een wat mense terugkry vir hulle sondes – dus die God wat Jona wil sien in Ninive. Sy teologie maak nie plek vir `n plan veranderende God nie. Jona het God se wil in sement gegeiet, sy simplistiese beskouing van God, naamlik dat jou strepie gestrek is, dan is dit getrek, werk skielik nie meer nie. God het daardie strepie in een oogwink uitgevee (delete). Hy kies om die getrekte strepies van byna 120 000 mense in Ninive te ignoreer. Praat van `n genadige, planveranderende God! Jona se woede oor God se goedheid is verstommend, maar dalk verstaanbaar. Godsdienstiges soos hy giet mos graag God in sement, hulle weet mos reeds wat God se plan is...hulle verstaan mos Sy raadsplan, net soos `n motorwerktuigkundige `n motor se enjin verstaan. Wel, die verrassende waarheid is dat God nie werk soos soos wat mense d**k nie, God boer met genade, Hy pas sy planne ooreenkomstig met Sy wil aan. Hy kyk na die berouvolle harte van mense. In die lig hiervan gebeur Sy wil. Nee, dit is Sy wil! Hy blaas eerder vure dood eerder as om dit brandend te hou. Hy deel genade uit eerder as straf, Hy gee lewe eerder as dood! Dis God op sy heel beste, selfs al is sy profeet op sy tragiese slegste, ons moet ywer om nie soos Jona te wees nie...

Vrede/Shalom

16/09/2024

Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde, halwe waarhede en oppervlakkige verhoudings sodat jy uit die diepte van jou hart kan leef.
Mag die Here jou seën met woede oor onreg, onderdrukking en die uitbuiting van mense sodat jy kan werk vir geregtigheid, vryheid en vrede.
Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense wat pyn, verwerping, honger en oorlog ervaar sodat jy ʼn hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap kan verander.
En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy `n verskil kan maak in hierdie wêreld, sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense d**k nie gedoen kan word nie.

Address

555 Market Street #14148
Oudtshoorn
94104

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Milana Store posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Milana Store:

Share