Inja.ti

Inja.ti Inja.ti is 'n gesogte handelsmerk wat spesialiseer in handgemaakte leerjuwele, gevestig in die hartjie van Brakpan.

Die produkreeks by Inja.ti sluit pragtige oorbelle, elegante haarstrukkies en stylvolle handsakke in.

10/05/2026
🤎Fluffy Pampas Grass 🤎R50 vir 10 stamme🤎Kontak Heloise 084 365 2000
16/04/2026

🤎Fluffy Pampas Grass
🤎R50 vir 10 stamme
🤎Kontak Heloise 084 365 2000

04/03/2025

Gemaak met liefde 🤎

04/03/2025

Gemaak met liefde🤎

07/02/2025

🤎Bederf jou valentyn met n bederf-boksie
🤎R250
🤎Pudo R60
🤎084 365 2000

Egte leer
Handgemaak
Leer is 'n natuurlike produk, daar kan n verskil wees vanaf die foto tot die produk in jou hand.

02/02/2025

🤎
.ti

02/02/2025

**Injati se Badsout**

Voel jy moeg van die lewe se gejaag, geraas en stres?
Voordat jy jou man/skoonma vermoor, jou werk bedank, of dalk die hond raakry, vat ’n diep asem in en probeer Inja.ti se badsout!

Hierdie badsout is gemaak om jou gemoed te verfris, jou gedagtes te kalmeer en al die negatiewe energie, stres, toksiene en spierpyn uit jou dag te verwyder.

Gooi van hierdie sout in jou bad, tel tot tien, en sak in die water. Laat die geurige stoom jou omsingel en voel hoe spierspanning smelt, jou senuwees kalmeer en jou brein ophou skree oor daai e-pos wat jy nog moet beantwoord. Verfris jou siel, ontspan jou gedagtes, jou boude, en kom weer tot rustigheid.

**Voordele:**

✔ Kalmeer die gemoed en verlig stres – Sodat jy nie iemand moet uittrap nie.
✔ Verwyder toksiene – Spoel die dag (en dalk laasnag) se slegte besluite uit.
✔ Verlig spierspanning – Perfek vir ‘n stywe nek of seer rug ná ‘n lang dag.
✔ Verbeter bloedsirkulasie – Omdat jou voete ook liefde verdien.
✔ Voed en hidreer die vel – Sodat jy nie net innerlik goed voel nie, maar ook uiterlik gloei.

**Gebruik:**

Los ½ van ‘n sakkie in warm water op, klim in en week vir 15–30 minute. Drink water voor en ná jou bad om gehidreer te bly – jy wil nie soos ‘n uitgedroogde kraker eindig nie!

**Inja.ti – die badsout wat jou weer mens maak, voor jy iemand anders raak!**

03/07/2024

Inja.ti is 'n gesogte handelsmerk wat spesialiseer in handgemaakte leerjuwele, gevestig in die hartjie van Brakpan. Twee jaar gelede gestig, het Inja.ti sy wortels in die klein plaasdorpie Greylingstad gevestig, waar ek 'n behoefte opgemerk het, dat dames op soek is na bekostigbare, stylvolle bykomstighede wat perfek pas by hul toerustings.

Die produkreeks by Inja.ti sluit pragtige oorbelle, elegante haarstrukkies en stylvolle handsakke in, alles met die hand vervaardig van egte leer. Elke stuk word met sorg en aandag tot detail geskep om nie net esteties te bekoor nie, maar ook om duursaam en funksioneel te wees.

Inja.ti streef daarna om unieke en kwaliteit produkte te lewer wat 'n tikkie elegansie en verfyndheid by elke uitrusting voeg. By Inja.ti glo ek dat ware styl lê in die besonderhede, en ek is trots daarop om uitristings te skep wat nie net mode-items is nie, maar ook persoonlike uitdrukkings van styl en individualiteit.

Liefde,
Inja.ti

03/07/2024

Inja.ti 🦌

Address

Brakpan

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00

Telephone

+27843652000

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Inja.ti posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category