19/10/2025
WI Corporation (Pty) Ltd
Kennisgewing aan ons gewaardeerde kliente en skole
Liewe kliente en vriende,
Wat ’n ongelooflike reis was die afgelope 15 jaar saam met elkeen van julle nie! Dit is met diep dankbaarheid, maar ook ’n tikkie hartseer, dat ons hierdie boodskap deel. Soos Romeine 8:28 sê:
“Alles werk ten goede mee vir dié wat God liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.”
Met hierdie geloof in ons harte wil ons aankondig dat WI Corporation (Pty) Ltd aan die einde van sy laaste hoofstuk gekom het — die boek is voltooi. Hierdie besluit kom met oorweging, geloof en vrede, omdat ons weet dat elke seisoen sy doel het soos deur die Here bepaal.
Ons wil van harte dankie sê vir elkeen se jarelange ondersteuning, vertroue en besigheid. Julle was die kern van ons sukses, en dit was vir ons ’n groot voorreg om saam met soveel wonderlike skole en kliënte te werk.
Maar waar een hoofstuk eindig, begin ’n nuwe en opwindende een.
Met groot vreugde vertrou ons die fakkel oor aan Nadine Nel, die nuwe eienaar en direkteur van SubCo Sublimation (Pty) Ltd. Nadine en haar gekose span bring vars energie, visie en tegnologie direk van Kalifornië, VSA — om sublimeringsdrukwerk, handelsmerkontwerp en vervaardiging na nuwe hoogtes te neem.
SubCo Sublimation spesialiseer in die vervaardiging van sportklere en skooldrag van uitmuntende gehalte, met mededingende pryse en betroubare afleweringstye.
Die naam SubCo is doelbewus en betekenisvol gekies — met ’n diep Christelike grondslag wat herinner dat ware inspirasie, kleur en kreatiwiteit van God af kom. Elke ontwerp word met integriteit, passie en dankbaarheid vervaardig om Sy lig te weerspieël in alles wat gedoen word.
Ons nooi u vriendelik uit om die nuwe SubCo Sublimation-span te ondersteun, hul Facebook-blad te besoek en deel te word van hierdie nuwe hoofstuk:
📍 SubCo Sublimation (Pty) Ltd
16 Exnerstraat, Brits, 0250
📞 Tel: 012 940 3932
📧 E-pos: [email protected]
👩💼 Nadine Nel – Direkteur en Nuwe Eienaar
Volg en “like” hulle blad op Facebook: [SubCo Sublimation]
Met opregte dank en seëninge,
Die WI Corporation-span
“Aan Hom al die eer vir die pad wat was, en vir die toekoms wat wag.