11/08/2026
Julle almal het gevra om die bruidegom se baadjie te sien… en hier is dit nou! 🤵🏻♂️🤍
Vir hierdie spesiale troue het Riëtte ongeveer 15 uitrustings gemaak, maar een van die heel spesiaalstes was natuurlik haar oudste seun se troupak.🥹
Sy deel graag die storie agter die pak… Want Riëtte is iemand wat haar gevoelens nog altyd op haar mou dra. En hierdie keer het sy dit letterlik gedoen. Sy het ’n spesiale boodskap vir haar seun geskryf en dit in die voering van sy mou laat sit
Want tussen al die pragtige besonderhede van die troue, is dit die klein goedjies vol liefde wat ’n kledingstuk in ’n lewenslange herinnering verander. 🤍