19/04/2023
🙌🏻
Vryheid is net 'n ander woord vir niks oor om te verloor....
So sê Janis Joplin en ek stem saam... Wanneer jy vry word van die vrees om dinge wat jy d**k jou define te verloor word jy vry...
Geld...Mag..Aansien..Titels...niks van die dinge is permanent nie... en kan enige tyd van ons gestroop word.
Ek het die gewoonte om in alle situasies vir myself te vra.. Wat as dit nie werk nie wat as jy alles verloor.. En dan is my 'worst case scenario ' op 40 jarige ouerdom..Dan moet jy na jou ouers trek en oor begin....As dit my worst case is is ek 'n gelukkige vrou..... Om ouers te hê...hulp..'n oop deur.. 'n oor begin... Daai is nie sommer niks nie... DIS ALLES...
Ek soos baie ander besighede begin elke maand op nul en soms minus... Ek het alles wat ek gehad tydens Covid in die besigheid gesit en ek betaal nog af aan alles wat dit 'n besigheid maak.
Laas jaar het iemand van die Real Housewives van Pretoria produksie span my gevra of ek wil deelneem aan die program... EK? Haha Single, Mom wat 2 goed in daai program naam nie het...
HOUSE en Titel WIFE......ek en Noah my seun woon al 10 jaar in 'n lovely 80sqm lock up and go en ek was nog nooit getroud en besit presies 2 paar hakke...een van Woolies en al 10 jaar oud x Mense maak hul eie prentjie van jou. Soms lyk die werklikheid baie anders. Ek is net 'n gewone working mom van Pretoria wat oor begin het...
Ek het met 'n overdraft die besigheid begin..groot risiko maar dit was my enigste keuse. Maar ek het iets begin...hul sê dit neem 1000 dae...ek het nog so 270 oor van vasbyt...Ek het niks meer om te verloor...
Net soos talle ander klein besighede is huur betaal, staf en uitgawes elke einde van die maand 'n baie groot stres en realiteit..net die week alleen het 2 vriendinne en mede besigheid eienaars op my skouer kom huil..
Opstaan en aangaan my dear is altyd my raad...Wat bestem is vir jou SAL jou ALTYD vind....
Haal asem ...
Gee elke dag jou beste ...
Weet wat is werklik belangrik..
Jou kinders..jou gesondheid..die liefde ..jou naaste..
Bly 'n verskil probeer maak iewers sal jou wonderwerk jou vind..
Baie Liefde
Plaaslik al die Pad
Local Linda