06/10/2022
Kry iemand wat met jou wil trou weer en weer. Iemand wat d**k jy het die mooiste voetjies en iemand wat jou vlekke en kolle liefhet.
Teveel meisies trou omdat hul wil TROU en nie omdat hul brand van passie en weet dis die een nie, maar omdat hul bang is vir alleen wees.
Ek was daar. Ek het amper ge settle, amper die grootste fout ooit gemaak. KIES om te GLO dat JY die moeite werd is! KIES om geduldig te wees tot God Sy hand beweeg. KIES om te besef dat alleen wees way beter is as om met iemand te wees wat jou nie ontgun. KIES asb!!!
Hardloop wêg as jy moet!!! Huwelik is nie maklik no matter what! Ma as alby saam met Jesus stap kan dit mooier word elke dag!
Net jn Jesus lê mens jou lewe neer vir mekaar, Kies mens die ander bo jouself. ( ek groei nog in dit )
So nou wil ek reguit praat!!
Moenie saam intrek as julle nie getroud is nie.
Moenie saam slaap voor julle trou nie!
Moenie jouself goedkoop maak omdat jou geloof swak is nie. God BLY getrou!
MOENIE met iemand uitgaan wat nie ook in Jesus glo nie! A house divided will NOT stand!
🙏🏼 KIES WANT JY KAN!
📷 Shavaune Photography