Pienkvoet-Pret Serengeti Area

Pienkvoet-Pret Serengeti Area Pienkvoet-Pret bied al vanaf 2000 uitstekende Afrikaanse mamma-en-baba/kleuter ontwikkelings & stimuleringsklasse aan.
(4)

Die aandag, liefde en sorg wat elke 'franchise' eienaar aan haar ouers bied, maak van Pienkvoet-Pret 'n baie besondere afspraak! Ontwikkeling & stimuleringsklasse vir mamma en baba 3 maande tot 3 jaar.

Address

Serengeti Golf Estate
Kempton Park

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pienkvoet-Pret Serengeti Area posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Pienkvoet-Pret Serengeti Area:

Shortcuts

Share

Our Story

Vandag wat ek my storie skryf besef ek net weer hoe God se plan lank voor die tyd al in werking is, nog voor jy daaraan d**k of in ‘n situasie is. Jare terug terwyl ek nog enkellopend was het my baas gesê “eendag as jy ‘n Mamma is, gaan jy hierdie wêreld agterlaat, jou passie is by kinders”. Ek het natuurlik gelag vir daardie opmerking. Paar jaar later is ek getroud en in 2012 is ons eerste seuntjie gebore. My baas was reg, ek was bevoorreg om te kon bedank en elke oomblik by my kind te kon wees.

In 2014 is ons geseën met ‘n tweede seuntjie. Tussen nuwe huis bou en twee keer trek, was ek lekker besig met twee babas wat verskillende ouderdomme was. Ek wou graag vir hulle my alles gee. Ons het saam swemlesse gedoen, hulle was orals saam my en later op hul baba en peuter manier Mamma gehelp.

Ek en 3 ander vriendinne het ‘n speelgroepie begin. Een keer ‘n week het ons by iemand se huis bymekaar gekom. Dit was lekker om raad uit te ruil en te sien hoe die babas met mekaar speel en kommunikeer.