Asseblief, my Lief

Asseblief, my Lief Handgemaakte items vir babas & kinders met 'n voorliefde vir Afrikaans & uniekheid

24/07/2026
Mag jou naweek so vrolik en kleurvol wees soos hierdie oulike skilpadjie 💚🩵🐢Jeremia 29:11 - Ons toekoms is in God se han...
24/07/2026

Mag jou naweek so vrolik en kleurvol wees soos hierdie oulike skilpadjie 💚🩵🐢

Jeremia 29:11 - Ons toekoms is in God se hande

🌈 Daar is iets besonders aan 'n reënboog 🌈Dit laat mens vir 'n oomblik opkyk, glimlag en onthou hoe mooi die wêreld kan ...
18/07/2026

🌈 Daar is iets besonders aan 'n reënboog 🌈

Dit laat mens vir 'n oomblik opkyk, glimlag en onthou hoe mooi die wêreld kan wees.

My reënboog-stelletjies is geïnspireer deur daardie kleurvolle stukkie verwondering. Sagte kleure, 'n tikkie speelsheid en baie liefde, perfek vir klein mensies wat elke dag 'n bietjie meer kleur in ons lewens bring.

Stuur gerus 'n boodskap om beskikbare ontwerpe te sien of om jou eie unieke stelletjie te bestel.

Ek d**k Mario is een van daardie karakters wat nooit oud word nie. 🎮Baie van ons het self grootgeword met Mario... en no...
17/07/2026

Ek d**k Mario is een van daardie karakters wat nooit oud word nie. 🎮

Baie van ons het self grootgeword met Mario... en nou vier 'n nuwe geslag hulle verjaarsdae met dieselfde karakters 🍄

Mag jy so grasieus soos 'n swaan, stil maar sterk deur die lewe gaan... 🦢Babakamer dekor volgens jou tema en kleure.What...
16/07/2026

Mag jy so grasieus soos 'n swaan, stil maar sterk deur die lewe gaan... 🦢

Babakamer dekor volgens jou tema en kleure.
Whatsapp - 079 946 3639

TERUG SKOOL TOEMinder verlore skoolgoed. Meer gemoedsrus vir Ma en Pa. 😉Of dit nou 'n spesiale eerste skooldag is, kleut...
15/07/2026

TERUG SKOOL TOE
Minder verlore skoolgoed. Meer gemoedsrus vir Ma en Pa. 😉

Of dit nou 'n spesiale eerste skooldag is, kleuter wat kleuterskool toe gaan of jy wil boeke en skoolgoed mooi merk, ek ontwerp dit volgens jou tema en kleure.

🩷 Naamplakkers vir boeke, kosblikke, water-/koeldrankbottels en tietiebottels
💛 Persoonlike boeketikette
💚 Eerste skooldag-borde

Asseblief, my Lief se naamplakkers is duursaam, waterbestand en kan selfs in die skottelgoedwasser gewas word, sonder dat dit afkom.

Whatsapp my met jou bestelling - 079 946 3639

As jy vandag vir 'n babaseuntjie moes koop... watter kleur sou jy kies? 1️⃣ 💚 Mint 2️⃣ 🤎 Aardsekleure 3️⃣ 🩵 Blou 4️⃣ 🩶 G...
10/07/2026

As jy vandag vir 'n babaseuntjie moes koop... watter kleur sou jy kies?

1️⃣ 💚 Mint 2️⃣ 🤎 Aardsekleure 3️⃣ 🩵 Blou
4️⃣ 🩶 Grys

Tik net die nommer of kleur in die kommentaar. Ek is nuuskierig om te sien watter een die meeste stemme kry! 🥰

Twee gansies is oppad - dubbel die vreugde & liefde! Elke naam en alle detail word met die hand gewerk en met baie sorg ...
08/07/2026

Twee gansies is oppad - dubbel die vreugde & liefde!

Elke naam en alle detail word met die hand gewerk en met baie sorg afgewerk. Dis juis hiérdie klein, maar unieke detail wat Asseblief, my lief se babygrow stelletjies so besonders maak.

Wat is JOU tema en kleure?
Whatsapp my gerus by 079 946 3639 met jou navrae en bestellings

Maandag se MOOIHier is ñ paar kreatiewe en unieke maniere om plekke aan te wys by jou volgende funksie 😍
06/07/2026

Maandag se MOOI

Hier is ñ paar kreatiewe en unieke maniere om plekke aan te wys by jou volgende funksie 😍

Ontbyt in die bed... 🍳🥓Ek is so opgewonde om hierdie met julle te deel! Ek en my dogtertjie het saam met 'n nuwe avontuu...
05/07/2026

Ontbyt in die bed... 🍳🥓

Ek is so opgewonde om hierdie met julle te deel! Ek en my dogtertjie het saam met 'n nuwe avontuur begin... handgemaakte vilt-speelkos! 🥰

Ons eerste ontbytstelletjie is gereed, elke stukkie met liefde gemaak. Hoe oulik is die stukkie botter? Dit is Miané se afdeling. Sy gaan sekere elemente uit "foam clay" maak 😉

HET JY GEWEET?
Verbeeldingspel is soveel meer as net speel!
Dit help kinders om hul kreatiwiteit te ontwikkel, fyn motoriese vaardighede te oefen, taal te bevorder en selfvertroue te bou terwyl hulle speel en ontdek. 💛

Mammas, laat weet my asb as julle kindertjies enige speelkos-stel kon kies... wat sou dit wees?
🥐 Bakkery 🍕 Pizza 🍔 Burgers 🍝 Pasta 🍦 Roomys 🥪 Toebroodjies

Address

Klerksdorp
2571

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27799463639

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Asseblief, my Lief posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Asseblief, my Lief:

Share