26/08/2026
WERKSGELEENTHEID---OPERASIONELE BEAMPTE
Roelien de Klerk Juwele nooi ’n ervare en selfstandige professionele persoon uit om by ons aan te sluit as Operasionele Beampte.
Hierdie is ’n sleutelposisie binne die onderneming vir iemand wat die vermoë het om mense, prosesse, voorraad en administrasie doeltreffend te koördineer en verantwoordelikheid vir die daaglikse operasionele funksionering te neem.
Ons soek nie bloot iemand om take af te handel nie. Ons soek ’n persoon wat vooruit d**k, orde skep, probleme identifiseer en oplossings vind — iemand wat met volwassenheid en diskresie kan optree en ’n belangrike rol in die gladde funksionering van die onderneming kan speel.
Kernverantwoordelikhede sluit in:
* Koördinering van die daaglikse winkel- en operasionele funksionering
* Strategiese beheer en bestuur van voorraad en bestellings
* Professionele hantering van kliëntekommunikasie en korrespondensie
* Administratiewe beheer en akkurate rekordhouding
* Effektiewe gebruik en bestuur van SAGE
* Koördinering van verskaffers, bestellings en opvolgwerk
* Beplanning en prioritisering van daaglikse werksaamhede
* Identifisering van knelpunte en onafhanklike probleemoplossing
* Verseker dat prosesse konsekwent, akkuraat en professioneel uitgevoer word
Die ideale kandidaat
Ons soek ’n ervare operasionele persoon met ’n bewese vermoë om verantwoordelikheid te neem en onafhanklik te funksioneer.
Jy behoort:
* Sterk organisatoriese en administratiewe vermoëns te hê
* Ervaring in ’n senior operasionele of bestuursverwante pos te hê
* Vertroud te wees met SAGE
* Uitstekend te kan kommunikeer, skriftelik én mondelings
* ’n Hoë vlak van akkuraatheid en aandag aan detail te handhaaf
* Goeie oordeel te hê en met diskresie te kan optree
* Selfstandig te kan werk en inisiatief te neem
* Gemaklik te wees om verantwoordelikheid vir verskeie funksies te aanvaar
* Professioneel, betroubaar en oplossingsgerig te wees
Werksure: Voltyds
Saterdagdiens: Een Saterdag per maand
Hierdie pos bied aan die regte persoon die geleentheid om ’n belangrike en invloedryke rol binne ’n gevestigde juweliersonderneming te vervul.
Indien jy ’n ervare professionele persoon is wat organisasie, verantwoordelikheid en uitnemendheid na ’n onderneming bring, nooi ons jou uit om aansoek te doen.
📧 Stuur jou CV en ’n kort motiveringsbrief aan ons.