06/02/2025
Proof of life!
2025.
Ek kry soveel DM's om te hoor waar ek is en hoekom ek nie meer gereeld "post" nie.
Hier is n vinnige "update" oor "Hanli in die wye wêreld".
Die wat my ken weet dat ek graag sê Jesus is oral, maar veral in die valleie van die lewe.
Dit gaan regtig goed met my!
Ek is steeds n Stylist maar ek het nog n nuwe projek ook aangepak.
Tussen deur die nuwe werk en propvol program is ek eerstens n ma en hou die b***e in die lug. (Soortvan..maar dit klink net goed om te sê hulle is in die lug )
Notting Hill huisie is nog goed vir ons. Ek voel bederf met die hout vloere en hoë plafonne.
Pepsi kat se dood is steeds rou en seer. Ons huil nog gereeld oor haar.
Die kinders pas stadig maar seker aan in hul nuwe roetine.
Ek belowe om meer gereeld te post.
Vir die mense wat my gereeld soveel lieflike boodskappe stuur, dankie dankie dankie.