Rissiepit

Rissiepit Wooden & leather jewelry for young and old. "Life is to short to wear boring jewelry"

01/08/2026
“Don’t judge each day by the harvest you reap, but by the seeds that you plant.”— Robert Louis Stevenson
27/07/2026

“Don’t judge each day by the harvest you reap, but by the seeds that you plant.”
— Robert Louis Stevenson

KOMPETISIETYD!!! Vrouedag is om die draai 🫶🏻Daar is sekere vroue wat God oor ons pad stuur… vroue wat ons dra wanneer on...
21/07/2026

KOMPETISIETYD!!!

Vrouedag is om die draai 🫶🏻

Daar is sekere vroue wat God oor ons pad stuur… vroue wat ons dra wanneer ons moeg is, saam met ons lag totdat die trane loop, saam met ons huil wanneer die lewe swaar raak, en sonder dat ons vra, vir ons bid.

Daardie vriendin wat altyd luister.
Daardie suster wat nooit ophou glo in jou nie.
Daardie ma, dogter, tannie of vriendin wat jou herinner dat jy nooit alleen is nie.

Ek is ongelooflik dankbaar vir die kosbare vroue wat deel is van my storie, en hierdie Vrouedag wil RISSIEPIT graag vir jou én ’n kosbare vriendin bederf!

JY én ’n spesiale vriendin kan ELKEEN 5 stelle oorbelle van julle keuse wen!
(Slegs oorbelle wat tans in voorraad is.)

❗️Om deel te neem:❗️

🔹Tag ’n vriendin wat jy voel verdien om bederf te word.
🔹Like en deel ons Facebook-blad
🔹Volg ons ook op Instagram , tag nog ’n vriendin daar en staan ’n ekstra kans om te wen!

🎉 Ons kondig die gelukkige wenner én haar vriendin op 9 Augustus (Vrouedag) aan.🎉

Aan elke vrou wat hierdie lees:
Moenie vergeet hoe kosbaar jy is nie.

Leef jou storie.
🩷 Jy is genoeg.
🩷 Jy is uniek.
🩷 Jy is geliefd.
🩷 Jy maak ’n verskil.

Sterkte aan almal!
Liefde Chanel 🫶🏻

P.S. Koerierkoste is vir die wenner se rekening.

Lekker naweek almal🫶🏻🫶🏻
17/07/2026

Lekker naweek almal🫶🏻🫶🏻

WHEN MY ANXIOUS THOUGHTS MULTIPLY WITHIN ME YOUR COMFORTS DELIGHT ME. Psslm 94:19Hoe mooi is hierdie “hoops” met die blo...
14/07/2026

WHEN MY ANXIOUS THOUGHTS MULTIPLY WITHIN ME YOUR COMFORTS DELIGHT ME.
Psslm 94:19

Hoe mooi is hierdie “hoops” met die blom?

Mooi dag almal
🫶🏻🫶🏻

Môre my facebook/insta-famEk is so bietjie stiller die laaste tyd. By Rissiepit broei daar nuwe idees, drome en planne, ...
11/07/2026

Môre my facebook/insta-fam

Ek is so bietjie stiller die laaste tyd. By Rissiepit broei daar nuwe idees, drome en planne, en ek sien met opgewondenheid uit na wat voorlê. Maar vir nou geniet ek ook die kosbare, eenvoudige oomblikke saam met my kinders (skoolvakansie 😅🫶🏻)

Dit laat my weer besef hoe maklik ons die alledaagse as vanselfsprekend aanvaar – ons gesondheid, elke nuwe dag, die kos op ons tafel en die tyd saam met die mense wat ons liefhet. Tog is dit juis in hierdie gewone oomblikke waar ons onthou dat Jesus die middelpunt van alles is. Sy wil. Sy koninkryk. Sy liefde wat ons elke dag dra.

Ek bid dat ons Hemelse Vader weer opnuut in elkeen van ons harte sal leef. Dat ons sal onthou Hy voorsien, Hy gee om en Hy laat ons nooit alleen nie. Mag Hy die Voorloper wees van jou drome, jou gedagtes en elke tree wat jy gee.

Mag jy vandag Sy vrede, liefde en nabyheid op ’n besondere manier beleef.

Liefde
Chanel
💚💚💚

"Give thanks to the Lord, for He is good;His love endures forever."I Chronicles 16:34🩷🩷🩷
09/07/2026

"Give thanks to the Lord, for He is good;
His love endures forever."
I Chronicles 16:34

🩷🩷🩷

WHEN MY HEART IS OVERWHELMED, LEAD ME TO THE ROCK THAT IS HIGHER THAN I.🩷🧡🩷PSALM 61:2
26/06/2026

WHEN MY HEART IS OVERWHELMED, LEAD ME TO THE ROCK THAT IS HIGHER THAN I.
🩷🧡🩷

PSALM 61:2

Soms staan ons in sweetpakbroeke en deurmekaar hare en doen die gewone dinge van die lewe. Ander kere stap ons met selfv...
23/06/2026

Soms staan ons in sweetpakbroeke en deurmekaar hare en doen die gewone dinge van die lewe. Ander kere stap ons met selfvertroue die wêreld tegemoet.

Soms is ons harte seer en ons siele rooirou. Ander kere is ons sterk en vol moed. Ons huil, ons lag, ons val en ons staan weer op.

Ongeag onthou: Jy is spesiaal net soos jy is. Nie oor hoe jy lyk nie, maar oor wie jy is en hoe jy ander se lewens aanraak.

🩷🩷🩷

Address

Randburg

Telephone

+27795165658

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rissiepit posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Rissiepit:

Shortcuts

Share

Category