Hoephoep Baba-ontwerpe

Hoephoep Baba-ontwerpe Oorspronklike illustrasies en produkte vir babas, kleuters en grootmense. Gebaseer in die Tuinroete🧡. Besoek ons aanlynwinkel vir al ons topverkopers!

‘n Klein leidraad oor ons splinternuwe kombersontwerp… Kan jy raai watter Bybelvers het ons as inspirasie gebruik?Binnek...
26/08/2026

‘n Klein leidraad oor ons splinternuwe kombersontwerp… Kan jy raai watter Bybelvers het ons as inspirasie gebruik?

Binnekort beskikbaar op ons aanlynwinkel.🧡

Ons Bybelbersie... die een wat dit alles begin het.🧡Dit was nie die eerste ontwerp wat vir Hoephoep geskep is nie, maar ...
07/08/2026

Ons Bybelbersie... die een wat dit alles begin het.🧡

Dit was nie die eerste ontwerp wat vir Hoephoep geskep is nie, maar dit was wel die een wat ons hele identiteit, doelwit en boodskap vasgevang het. En dis nou nog die kombersie wat die meeste harte raak uit ons hele reeks.

Hierdie een sal nooit ons rakke verlaat nie - so wees gerus as jy ooit weer 'n geskenk-idee moet uitdink vir 'n babatee, 'n pasgebore susterskind of kleinkind, of as jy sommer net iets spesiaals vir jou eie kleinding wil gee. Vou die baba of kleuter in jou lewe toe - letterlik😉 - met liefde en seën, direk uit die mooi stories van ons Here se Woord.

Dankie vir die mooi foto's, Wander Creations!🧡

Hi daar! My naam is Rouxné, en ek teken graag prentjies. Hier is sommer net 'n bietjie meer "inside info" oor die mens a...
01/08/2026

Hi daar! My naam is Rouxné, en ek teken graag prentjies. Hier is sommer net 'n bietjie meer "inside info" oor die mens agter Hoephoep se illustrasies.🧡

My business hours (a half-day in my town studio in Mossel Bay) consist of Hoephoep and everything creative it leads my hands to do✍️, and then also helping to run the family business: a wedding venue and restaurant/farm stall, called Hansie & Grietjie a.k.a. Excelsior Weddings. I handle our marketing, graphic design, admin and communication, as well as the coordination, flowers and décor for weddings.

The rest of my weekday is spent at our home, a sheep farm in Vleesbaai - an absolute privilege and blessing!

Ek is getroud met 'n skaapboer (obviously), en dan is daar natuurlik die ander twee VIP's in my lewe: 'n nie-meer-so-klein seuntjie en 'n wilde, eenjarige krulkop-dogtertjie, vir wie God daagliks gebruik om my soveel meer van myself en van Hom te leer as wat ek ooit voorheen geweet en verstaan het.

Besides art and design, some of my other hobbies and interests include: nature and wildlife photography, music, books and stories (why not children's book illustration, you ask? Well, soon - hopefully😉).

Ek dink die Here het dalk 'n lang plan met my en Hoephoep, want dis reeds besig om stukkie vir stukkie te groei in iets báie meer as wat ek ooit gedink het dit gaan wees. So, dankie dat jy ook saamreis en Hoephoep se groei ondersteun, deur jou belangstelling in unieke ontwerpe en prdoukte vir jou eie groeiende kindertjies!

Ek sien myself as 'n redelike vriendelike mens, so indien jy meer oor my wil weet, saam met my wil werk, vrae het, of sommer net wil gesels, DM of WhatsApp my enige tyd!

Hoephoep-groete, Rouxné. 🧡

'n Klein kykie na ons afgelope paar weke! Ons familie was dié vakansie bietjie Kruger Wildtuin toe (my eerste keer daar!...
22/07/2026

'n Klein kykie na ons afgelope paar weke! Ons familie was dié vakansie bietjie Kruger Wildtuin toe (my eerste keer daar!), en hier is die top 15 foto's van die mooiste wilde diere wat ons gesien het. Hoogtepunt was beslis die luiperd in die boom, wat ons sommer op dag een raakgeloop het!🐆

Hier is ook 'n vinnige illustrasie van hoe ons 2 weke vakansie gelyk het - almal van ons in 'n Fortuner, op 'n bosveld-avontuur! (Ek is die een met die kamera😉).

Wat het jy die Junie-vakansie met jou kinders gedoen?

Partykeer herontdek ek hierdie sketse in die boks onder my lessenaar, en dan kyk ek steeds in verwondering na wat hulle ...
15/07/2026

Partykeer herontdek ek hierdie sketse in die boks onder my lessenaar, en dan kyk ek steeds in verwondering na wat hulle op die ou end geword het...

Die Groot 5 is een van Hoephoep se geWILDste(😉) ontwerpe, en in my geestesoog sien ek die ander kindertjies wat ook, soos my eie 3-jarige, snoesig op die bank aan die slaap raak onder hul kombersie. Of wat met so een onder hul ken in die bed lê en storie lees saam met mamma/pappa. Of op die lang pad in hul karstoeltjie sit, onder 'n geliefde bersie wat die rit bietjie meer gemaklik en bekend laat voel.

Dankie aan elkeen van die mammas, oumas, tannies en al die ander grootmense wat Hoephoep in staat stel om voort te bestaan! Tag ons gerus indien jy foto's van jou baba of kleuter met een van ons kombersies wil deel🧡. Dit is letterlik die heel grootste voorreg om iets spesiaals te skan skep vir kinders, en te kan bydra tot die vreugde en troos wat iets so eenvoudig soos 'n kombersie met diertjies op, kan bring. Xx

Another special design with a story! With our family trip to the Kruger just days away, it made me reminisce about my pr...
23/06/2026

Another special design with a story! With our family trip to the Kruger just days away, it made me reminisce about my previous solo travel destination (this was 7 years ago, just btw!). The beautiful country of Australia🧡. Annie Rose | Photo & Film 🇦🇺, what an honour to have spent that summer with your family in gorgeous New South Wales! You are the most wonderful host and friend.

I made this Australian-inspired design on a request from another hartsvriendin, Carien Hoffman – used to be a lowveld local, now also an Aussie😉. Ons gaan julle ekstra-baie mis hierdie vakansie!

Ons heerlike warm kleuterkombersies is presies wat jou kindertjies nodig het hierdie winter🧡. Dié komberse is 100 x 150c...
06/06/2026

Ons heerlike warm kleuterkombersies is presies wat jou kindertjies nodig het hierdie winter🧡.

Dié komberse is 100 x 150cm groot en gemaak van luukse flannel fleece materiaal, vir maksimum snoesigheid🧡. En jy kan so een in enige van ons 9 beskikbare ontwerpe kies. Gaan loer bietjie na ons voorraad op ons aanlynwinkel!

Gelukkige Maandag vir almal! By my loop die opwinding hoog, want oor 5 weke vertrek ons saam met familie na die Kruger W...
25/05/2026

Gelukkige Maandag vir almal! By my loop die opwinding hoog, want oor 5 weke vertrek ons saam met familie na die Kruger Wildtuin - so hier is so 'n paar bosveld-bewonertjies om te vier! Terloops, dit beteken ons gaan dalk vir die maand van Junie so bietjie moet terugskaal op custom ontwerpe, maar doen gerus steeds navraag as jou bestelling nie so tydsensitief is nie😉🧡.

Hoewel ek vir my vorige werk verskeie wildreservate en parke besoek het, sal dit my heel eerste keer in die Kruger wees - ultimate Suid-Afrika bucket list item!! Wie van julle was al daar? Enige raad vir die reis as jy klein kindertjies het?😅

Sommer net verlief op hierdie karaktertjies vir 'n onlangse custom ontwerp, geïnspireer deur die styl van gewilde outeur...
24/04/2026

Sommer net verlief op hierdie karaktertjies vir 'n onlangse custom ontwerp, geïnspireer deur die styl van gewilde outeur en illustreerder, Beatrix Potter. 🧡

Geniet die naweek! Hoephoep-groete. X

08/04/2026

Het jy geweet Hoephoep Baba se winkeltjie is naby aan die bekende Punt by Mosselbaai? Só naby, dat ek nou al 'n gewoonte gemaak het daarvan om my oggendkoffie langs die see te geniet🧡☕️.

As jy tot nou toe gewonder het waar presies ons is, dis in dieselfde gebou as en . Hier is die hele roete vanaf die Punt!

Address

Excelsior
Vleesbaai
6504

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoephoep Baba-ontwerpe posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Hoephoep Baba-ontwerpe:

Shortcuts

Share