23/07/2026
Wow, Generosity maak 'n verskil in die gemeenskap danksy die ondersteuning van die gemeenskap van ons Mega Thrift Shops in George en Mosselbaai. Marie oorhandig hier 'n commode en rolstoel aan Tannie Aletta wat geval het. Cyril het bedkante vir 'n oom in Tembalethu ingesit terwyl Pieter vir Lynette Schneider gehelp het met die leen van 'n hospitaalbed.
So help ons die gestremdes, siekes en verswaktes een vir een. As jy wil betrokke raak by ons uitreike kan jy gerus ons message met jou kontak nommer.